Piet begin sy musiek loopbaan op n jong ouderdom van 8 jaar oud. Eers het hy die mondfluitjie leer speel, daarna die kitaar bemeester. Die konsertina het hom nog altyd gefassineer en altyd gekoester om dit eendag te kan bemeester. So het dit ook gekom dat hy sy Oupa Piet se rooi boere konsertina opneem en dit bemeester. Vandag bespeel Piet n paar instrumente naamlik die konsertina, kitaar, banjo en Bas kitaar. Oor n tydperk van 42 jaar in die Boeremusiek bedryf het Piet ook 7 laserskywe die lig laat sien. Sy groot aanghanger, hero en leer meester is Nic Potgieter waarvan hy ook deel was van Nic Potgieter Konsertina skool. Ons hoop daar kom nog vele meer uit die konsertina klanke van Piet Visser.